As ek belowe om na sonskyn te verlang
As ek belowe om die koue te vervang
As ek belowe om die toekoms te omhels
Sal jy vir my ‘n kans gee – sal jy met my gesels?
Daai ster is aan die brand – op die horison
Hy skitter in jou hand – op die horison
Maar dis donker sonder jou
So donker sonder jou
As ek belowe om jou towerdrank te drink
As ek belowe om eers vir jou te skink
As ek belowe om jou vrese te versmelt
Sal jy vir my ‘n kans gee – sal jy met my gesels?
Daai ster is aan die brand – op die horison
Hy skitter in jou hand – op die horison
Die golwe slaan my terug
So bitter en so koud
Ek hou vas aan jou gedig
As die branders my omvou
Daai ster is aan die brand – op die horison
Hy skitter in jou hand – op die horison
Daai ster is aan die brand – op die horison
Hy skitter in jou hand – op die horison
Maar dis donker sonder jou
So donker sonder jou
Mais de 15 cursos com aulas exclusivas, materiais didáticos e exercícios por R$49,90/mês.
Tenha acesso a benefícios exclusivos no App e no Site
Chega de anúncios
Mais recursos no app do Afinador
Atendimento Prioritário
Aumente seu limite de lista
Ajude a produzir mais conteúdo